Emmanuel Levinas

Emmanuel Levinas
Gebore 12 Januarie 1906
Kovno, Russiese Ryk (tans Kaunas, Litaue)
Oorlede 25 Desember 1995 (op 89)
Parys, Frankryk
Nasionaliteit Vlag van Frankryk Frankryk
Vakgebied eksistensiële fenomenologie, Talmoed-studies, Etiek, Ontologie
Beïnvloed deur Maimonides, Kierkegaard, Husserl, Heidegger, Marcel, Wahl, Rosenzweig, Buber, Monsieur Chouchani, Descartes, Sartre, Merleau-Ponty, Durkheim
Invloed op Ronell, Blanchot, Derrida, Merleau-Ponty, Sartre, B-H Lévy, Illich, Ricoeur, Glucksmann, Finkielkraut, Dussel, B. Lévy, Bauman

Emmanuel Lévinas (Kaunas, Litaue, 12 Januarie 1906 - Parys, 25 Desember 1995) was 'n Joods-Franse filosoof en Talmoed-kommentator. Wysgerig beskou, was hy 'n fenomenoloog en ekistensialis. Lévinas koester aanvanklik 'n groot bewondering vir Martin Heidegger maar het later die denke van Heidegger sowel as die eksistensieel fenomenologiese tradisie in sy geheel ge-kritiseer. Heidegger koester simpatieë vir die Duitse Nazi-regime, wat ook wel meegehelp het in die wysgerige breuk tussen Lévinas en Heidegger. Die kritiek van Lévinas op die fenomenologiese tradisie lui dat hierdie tradisie vanaf die begin geen ruimte laat vir wat Lévinas as sentraal in sy denke beskou het, naamlik die konsep van die "Ander" nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search